LAAT U WIL GESKIED, NIE MYNE NIE... | |
  |
![]() Hemelse Vader, leer my om te bid soos die Man van Smarte... Hy wat waaragtig God was en geweet het dat Hy gehoon, verneder, valslik beskuldig en gemartel sou word. Hy wat waaragtig Mens was en ook soos ek vrees, pyn en vernedering geken het. Leer my om soos Hy in gebed te worstel. Leer my om soos Hy na die wil van die Vader in alles te soek wat oor my moet kom. Ek bely dat ek in my bede so selfsugtig is en net my eie belange soek. Ek bely dat waneer ek bid ek uit selfsug net dit vra wat tot my eie voordeel is, dat dit nie altyd vir my gaan om die wil van my Hemelse Vader nie, maar eerder om my eie belang. Open vir my die vensters wat uitkyk op die wye horisonne, sodat ek meer kan raaksien as my eie klein bestaan met sy eie begeertes en eiewilligheid. Open my hart vir my medemens en bowenal vir diensbaarheid aan dié God wat my geskape en geroep het om te bid in die geloof en te ontvang in dankbaarheid. Laat my gebede nie vir my ‘n roetinesaak word nie, maar ‘n worsteling om myself los te maak van my eie bekrompe en selfsugtige bestaan. Here, leer my bid soos Jesus in Getsémane. – Oorgeneem |